Die Hooggeregshof in Kaapstad gaan hoor van ‘n dringende aansoek van die DA en EFF om ‘n BTW-verhoging te keer.
Hulle betwis Dinsdag die wettigheid daarvan.
eNCA berig die DA se teenkanting wek spanning binne die Regering van Nasionale Eenheid en daar is kommer oor die regering se stabiliteit indien onderhandelinge misluk.
Die EFF se tesourier-generaal, Omphile Maotwe, sê die goedkeuring van die begroting moes gestop gewees het.
LUISTER HIER: