Die 21-jarige student van Sandton se borgaansoek in verband met die moord en verkragting van die 34-jarige Kirsten Kluyts, gaan vir die tweede dag in die Alexandra landdroshof voort. Hy word ook aangekla van roof met verswarende omstandighede. Die hof het vandag gehoor dat Kluyts, wat op 29 Oktober vermoor is toe sy aan ‘n pretdraf byeenkoms in Parkmore deelgeneem het, swanger was ten tyde van die voorval. Die 21-jarige beskuldige het gister volgehou dat hy slegs op Kluyts se liggam afgekom het en haar wou help. Hy het haar klere uitgetrek en weggegooi om van sy DNA ontslae te raak. Hy het gesê sy is ‘n wit vrou en hy sou van moord beskuldig word. Die polisie het die beskuldigde in hegtenis geneem kort na die moord nadat kringtelevisie-beeldmateriaal ontleed is. Foto’s is ook gister as bewysstukke by die hof ingedien waar die verdagte die blou T-hemp dra wat lyk soos die een wat Kluyts die dag van haar moord gedra het. Die saak duur voort.