Die hooggeregshof in Pietermaritzburg sal op 6 Februarie volgende jaar oudpresident Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl aanhoor.

Zuma wil appelleer teen Regter Nkosinathi Chili se besluit om nie die hoof aanklaer in die wapentransaksie-korrupsiesaak, advokaat Billy Downer, van die saak te verwyder nie. Zuma beskuldig Downer daarvan dat hy bevooroordeeld is, omdat Zuma probeer het om hom privaat te vervolg.

SABC-nuus berig Chili het Woensdag redes verskaf vir sy besluit in Maart vanjaar om nie vir Downer te verwyder nie, en gesê al Zuma se pogings om Downer privaat te vervolg, was onsuksesvol. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mthunzi Mhaga, sê die Appèlhof én die Konstitusionele Hof het reeds beslis teen Zuma se pogings om Downer privaat te vervolg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×