Die uitvinder van die “please call me”-produk, Nkosana Makate sê hy is tevrede met die Pretoria Hooggeregshof se beslissing dat die telekommunikasiereus, Vodacom hom moet vergoed vir sy uitvindsel. Die hof het Vodacom beveel om Makate te vergoed met vyf persent van die totale steminkomste wat vanaf Maart 2002 tot Maart 2021 uit die produk gegenereer is. Makate se regspan het aangevoer dat Vodacom hom méér skuld as die 47 miljoen rand wat die selfoonoperateur hom aanbied. Vodacom het reeds aangedui dat hy teen die uitspraak gaan appelleer. Makate sê egter hy sal tot die bitter einde bly veg vir dit wat regverdig is.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×