Die Regshulpraad loof die Noord-Kaapse hooggeregshof vir uitspraak in ‘n saak waar ‘n ma – glo weens haar geloofsoortuigings – geweier het dat haar kind ‘n bloedoortapping kry.
SABC News berig die hof het ‘n bevel toegestaan wat die hospitaal magtig om die bloedoortapping te doen, sonder die toestemming van enige belanghebbende party. Die
kind, wat ná ’n ongeluk in die waakeenheid van ‘n hospitaal in Kimberley was, moes ‘n operasie ondergaan wat ’n bloedoortapping genoodsaak het. Die kind se pa het die
Regshulpraad vir bystand genader.
Walter Mashapa, toesighoudende regspraktisyn sê hierdie saak beklemtoon die behoefte aan spoedige regsingryping in sake wat die welstand en belange van kinders raak.