Die Hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap het die besluit om aan Shell die reg vir seismiese opname op Suid-Afrika se oseane toe te staan, Donderdag tersyde gestel. Die hof het ook die besluit om die hernuwing van hierdie reg toe te staan, tersyde gestel. Burgerlike organisasies, tradisionele gemeenskappe en kleinskaalse vissers het Shell in 2021 hof toe geneem om die seismiese opname te stop. Die omgewingsregtegroep Green Connection se gemeenskaplike koördineerder, Neville van Rooy, sê hulle is in hulle skik oor die uitspraak en sien dit as ‘n oorwinning vir die gemeenskap en vir die omgewing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×