Die Hoogste Hof van Appèl wil veel strenger optrede sien, teen onderwysers wat leerlinge aanrand.
Volgens Ground Up, is sanksies teen twee onderwysers – wat leerlinge glo in afsonderlike voorvalle in 2015 en 2019 aangerand het – tersyde gestel. Hierdie onderwysers is elk met R15 000 beboet.
Die hof vra nou dat die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders strafmaatreëls wat meer van pas is, teen die onderwysers sal oorweeg.