Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende aansoek van die hand gewys, wat noodhulp aan onwettige mynwerkers by die Buffelsfontein-goudmyn geëis het.
Central News berig die aansoek wou verplig dat kos, water, mediese sorg en komberse verskaf word, maar die SAPD beklemtoon hul grondwetlike plig om misdaad te bekamp en die openbare orde te handhaaf.
Sommige mynwerkers weier egter om na vore te kom, uit vrees vir arrestasie.
Polissie-kommissaris, Fannie Masemola, verduidelik dat beperkte hulp verskaf is en dat die terrein as ’n misdaadtoneel hanteer word.
Die hof se beslissing versterk die polisie se standpunt dat hul optrede binne grondwetlike perke val.