‘n Hofbeslissing het daartoe gelei dat meer as die helfte van munisipaliteite waar elektrisiteitstariefverhogings in werking sou tree, nie hul beoogde verhogings kan implimenteer nie.
Dit volg na ‘n beslissing in Pretoria se hooggeregshof waar die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se aansoek van die hand gewys is omdat hy nie sy eie metodologie gevolg het nie. Dit is volgens die energiekenner Chris Yelland, na aanleiding van Vrydag se hofuitspraak wat bevind het dat Nersa se besluit om munisipaliteite se aansoeke om elektrisiteitstariefverhogings te oorweeg – sonder die vereiste kostestudies – onregmatig en ongeldig is.
SABC-nuus berig volgens AfriForum beteken dit dat die reguleerder geen aansoeke om elektrisiteitstariefverhogings van munisipaliteite mag oorweeg nie, tensy die vereiste kostestudies ook ingedien word.