Die Helen Suzman-stigting het dokumente by die Konstitusionele hof ingedien om die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, se appélaansoek om die Zimbabwiese vrystellingspermit, of ZEP, te beëindig, teen te staan.

Maroela Media berig die hooggeregshof in Pretoria het in Junie verlede jaar beslis die beëidiging van die permit was onregmatig en ongrondwetlik. Die Helen Suzman-stigting sê die onregmatigheid van Motsoaledi om die ZEP te beëindig berus op feite waarteen daar nie geappelleer kan word nie. Die hooggeregshof het beslis die minister het nie met ZEP-houers beraadslaag voordat besluit is om die permit te staak nie. Die bevel van die hof berus op die minister om ‘n besluit te neem na ‘n regverdige raagplegende proses.

Die ZEP is aan 178-duisend Zimbabwiers en hul kinders gegee wat sedert 2009 in SA woon, werk en studeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×