Die polisie het sê die Pretoriase Hooggeregshof se uitspraak dat ‘n skag by die Stilfonteinmyn in Noordwes nie versper mag word nie, sal hom nie verhoed om sy pligte uit te voer nie.

Die hof het ook beslis dat slegs nooddienswerkers die myners ondergronds mag help en dat enige myner toegelaat moet word om die myn te verlaat.

SABC-nuus berig ‘n vermeende onwettige myner wat by die verlate Buffelsfonteinmyn op Stilfontein na die oppervlak teruggekeer het, beweer dat baie myners in verskillende dele van die myn, reeds dood kan wees. Hy is een van drie mans wat Saterdag by ‘n skag uitgekom het.

Wetstoepassers het in Oktober as deel van ‘n misdaadvoorkomingsoperasie teen onwettige delwery, die verskaffing van kos- en toerusting na die myners afgesny.

Sedertdien het sowat duisend myners by verskeie verlate myne na die oppervlak gekom, terwyl groot getalle vermoedelik nog ondergronds is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×