HOKKIE  –  Chili was vuurwarm teen die Suid-Afrikaanse vrouespan in die Internasionale Hokkiefederasie se Nasiesbekertoernooi in Valencia toe hulle met 40 sekondes oor in die wedstryd met 2 – 1 gewen het.

Chili  – wat 15de op die wêreldranglys is – se Fernanda Villagran het met ’n strafhoek die Suid-Afrikaners se harte gebreek maar bygesê het Suid-Afrika ook verskeie geleenthede gehad om doele aan te teken maar kon dit nie in punte omskep het nie met dieselfde patroon wat hom herhaal het in die 2de helfte.

Die Suid-Afrikaners –  wat ook Sondag teen Japan met dieselfde telling vasgeval het –  speel Woensdag teen Indië wat 6de op die wêreldranglys is.

Die algehele wenner van diè Nasiesbeker-toernooi sal ook regstreeks kwalifiseer vir die Pro Liga vir 2023 terwyl die Ama Stokke Stokke – ook reeds deel  uitmaak van diè Liga na hul oorwinning ’n week gelede in Potchefstroom in die Nasiesbeker-toernooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×