HOKKIE – Hoërskool Fichardtpark se o.19A span het ook die rekordboeke gistermiddag herskryf deur ’n geskiedkundige eerste oorwinning oor Grey College se 1ste span in ‘n ligawedstryd te behaal het.
Fichies het op hul tuisveld met 3 – 2 geseëvier nadat hulle ook vir die grootste gedeelte van diè kragmeting voorgeloop het. Luke Mcintyre, Marco Huygen en Michael Cruywagen het Fichardtpark se doele aangeteken terwyl Thomas Mostert en Kyle de Bie ook onderskeidelik die beste verdediger en doelskieter was.
6 van die Fichardtpark seuns is ook in die S.A Bokkieweek span ingesluit wat van 1 tot 11 Oktober in Spanje gaan toer. Charles de Andrade van die skool is ook aangewys as die span se afrigter.