HOKKIE – Hoërskool Fichardtpark het die rekordboeke herskryf toe die Blouspan as die wenners gekroon is in die Vrystaat A-Liga nadat hulle Grey Kollege met 3 – 2 op hul tuisveld kon klop.

JM Jefferys , Kyle de Bie en Michael Cruywagen het ook sodoende verseker dat die beker staanplek in die Leeus se trofeekas sal kry.

Dit was ’n geval van Déjà vu vir die Fichies want in hul laaste ontmoeting het Fichardtpark ook vir die 1ste keer in hul geskiedenis Grey Kollege met dieselfde aantal doele in ’n ligawedstryd geklop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×