HOKKIE  – Bloemfontein het weereens bewys dat die hart van skolehokkie baie gesond in die Vrytaat klop.

Altesaam 5 van die beste jong hokkiespelers van Hoër Meisieskool Oranje en Eunice High gaan die Vrystaat vlag trots in die VSA laat wapper wanneer diè dames na Noord-Carolina verhuis en hul hokkie loopbane gaan voortsit aan die Wake-Forest Universiteit.

Oranje se kaptein Anè Janse van Vuuren , Tuane van der Westhuizen , Germarie Spertshott en Kayla Olivier gaan saam met afrigter Mornè Odendaal wat ook die Universiteit span se leisels oorneem vertrek terwyl Eunice se sterspeler Taheera Augousti haar ook dan by hulle sal aansluit.

Diè SA skolespelers was ook die groot uitblinkers in Dinsdag se kragmeting by Eunice  waar die land se twee top skole meegeding het vir die titel as Suid-Vrystaatse o.18 kampioen wat Oranje in ‘n spannende wedstryd met 3 – 2 gewen het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×