’n Oudleerling van Sekondêre Meisieskool Oranje is pas ingesluit in die Proteas se senior vroue hokkiespan.

Anè Janse van Vuuren sal binnekort haar skool se nuutste Protea speler word nadat sy ingesluit is in die toergroep wat na Maleisië reis vir vier toetse.

Anè het haar hele hoërskool loopbaan vir die eerste span gespeel waar sy ook die in 2021 en 2022 die kaptein was.

Diè talentvolle speler het Suid-Afrika reeds op o.18 en o.21 vlak verteenwoordig en was by die nasionale o.16 toernooi in 2019 en weer in 2024 op o.21 toernooi aangewys as die beste speler.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×