HOKKIE   –  Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het ’n uithaler vertoning gelewer by die Internasionale Hokkie Federasie se Wêreldbeker binneshuise toernooi wat gister in Pretoria begin het toe hulle met 3 – 3 gelykop gespeel het teen Australië.

Die Suid-Afrikaners het op ’n stadium 2 – 0 voorgeloop maar die Aussies het met hulle kenmerkende veggees sake gelykop gemaak en daarna het Jack Staines sy span die voortou laat neem. Suid-Afrika het nie gaan lê nie en met ’n inspirerende doel deur die kaptein Jethro Eustice vanaf die strafhoek verseker dat hulle weer terug in die wedstryd was.

Die tuisspan het verskeie geleenthede gehad om die oorwinning te seël maar moes op die ou einde met ‘n gelykop uitslag tevrede wees.

Die Suid-Afrikaanse vrouespan was ook net voor diè wedstryd teen Oostenryk in aksie maar kon ongelukkig nie die oorwinning beklink nie en het met 2 – 3 die onderspit gedelf.

Diè toernooi duur tot Saterdag die 11de Februarie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×