HOKKIE – Suid-Afrika se mans en vroue hokkiespanne het ook hul plek by volgende jaar se Olimpiese Spele in Frankryk verseker toe hulle die African Hockey Road To Paris-toernooi in Pretoria gewen het.
Vir die vroue was dit ’n maak-of-breek toernooi en het hulle Nigerië met 9 – 0 afgeransel terwyl die mans in ’n dramatiese tweestryd met Egipte gewikkel was.
Met die telling aan die einde van die derde kwart gelykop met 1 – 1 het Ryan Julies die wendoel vir sy span aangeteken.
In die doodsnikke van diè wedstryd het Egipte egter met 30 sekondes op die klok die doelhok gevind maar het die Proteas dit na die TV-skeidsregter verwys wat beslis het dat dit egter nie ’n doel was nie.
Suid-Afrika sal saam met 11 ander lande aan die Olimpiese Spele deelneem wat op 26 Julie 2024 begin.