S.A. se o.21 spanne het vir die Wêrelbeker-toernooie gekwalifiseer nadat die vroue en mans in Afrika se junior toernooie in Windhoek met die louere kon wegstap.
Die dames het Zimbabwe met 5 – 0 uit die pad gevee terwyl die mans vir Egipte met dieselfde telling verskil in hul vierde wedstryd geklop het.
Die mans speel in hul laaste wedstryd teen Kenia terwyl die vroue die gasheer Namibië sal aanvat met die eindstryde wat Vrydag beslis word.
Die Wêreldbeker-toernooie word in November in Chennai , Indië beslis.