Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan sit tans sonder ‘n afrigter.
Dit kom ná Cheslyn Gie uit die rol bedank het.
Die manshokkiespan het onder die leiding van Gie die beste vertoning ooit gelewer by ‘n Olimpiese Spele, waar hulle negende geëindig het.
Die waarnemende uitvoerende hoof van SA Hokkie, Shaune Baaitjies, sê die positiewe invloed wat Gie op manshokkie in Suid-Afrika gehad het sal nog jare lank gevoel word.