Die Suid-Afrikaanse mansspan het hulle openings wedstryd van die binnenshuise Wêreldbekertoernooi teen Kroasië gewen.
Die Suid-Afrikaners het ‘n 3-1 agterstand uitgewis en ‘n 5-3 voorsprong geniet na die einde van die derde kwart.
Mustaphaa Cassiem en Hans Neethling het uitgeblink vir Suid-Afrika met Neethling wat ‘n driekuns behaal het terwyl Cassiem vier doele kon aanteken.
Suid-Afrika kon uiteindelik met 8 – 6 seëvier.
Die vroue het intussen met 4 – 4 gelykop gespeel teen Thailand en ding Dinsdag mee teen Oostenryk terwyl die mans ook die Oostenrykers later diè aand gaan aanvat.