Die Suid-Afrikaanse mansspan het teen Oostenryk vasgeval in ‘n kragmeting by die Wêreldbeker-binnenshuise toernooi in Kroasië.

Die Suid-Afrikaners het teen rustyd Dinsdag ‘n voorsprong met 3-2 geniet maar Oostenryk, wat tans die Wêreldkampioen is, kon terugveg om met 8-6 te wen – ondanks ‘n tweede vierkuns in die toernooi van Mustapha Cassiem.

Die Suid-Afrikaanse vrouespan het intussen ook met 10-0 teen Oostenryk verloor.

Beide die mans- en vrouespan sal Donderdag teen Pole te staan kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×