HOKKIE – Die skole hokkie-liga se eindstryde word ook vandag in die Rosestad afgehandel met Grey Kollege , Fichardtpark , Jim Fouche en Saints wat in aksie gaan wees.

Jim Fouche en Grey se o/14 spanne begin verrigtinge om 14:30  waarna Fichardtpark en Grey Kollege se o/18’s mekaar in die hoofwedstryd om 16:30 die stryd gaan aansê. Fichies het die laaste kragmeting met 3 – 2 gewen en Grey sal met ’n groot aanslag vorendag kom om die bordjies te verhang.

In die laaste wedstryd om 18:30 sal Grey en St. Andrews  se o/16 spanne ook als in die stryd werp om as die wenners in hierdiè ouderdomsgroep gekroon te word.

Al die wedstryde word by Grey Kollege beslis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×