HOKKIE – Die Westelike Provinsie se mans hokkiespan is ook opsoek na ‘n 5de titel by Suid-Afrikaanse provinsiale binnenshuise toernooi wat gister in Kaapstad begin het wbonderskeidelik aangebied word by die Universiteit van Kaapstad en die Wynberg Militêre Basis.
Die Strepe het hul toernooi goed afgeskop en Mpumalanga met 15 – 0 gestoomroller terwyl die huidige vrouekampioen die Kwazulu-Natal Raiders ook op ’n wennoot begin het en Wits met 4 – 0 uitgestof het.
*Die WP is saam met die KZN Mynahs en Raiders , Mpumalanga , Wits , Suid-Gauteng en Noordelikes in Groep A terwyl die vroue top groep ingedeel is met Noordwes , Suid-Gauteng , Mpumalanga , Skiereiland , WP en Wits wat sake sal uitspook om as die kampioenspan gekroon te word wanneer diè toernooi Saterdag ten einde loop.