Die rolprentbedryf se ontevredenheid kan hierdie naweek dramaties eskaleer met 300 akteurs waaronder A-lys akteurs soos Meryl Streep en Ben Stiller wat gereed is om by skrywers aan te sluit in ‘n massiewe dubbelstaking in Hollywood. Dit sal byna alle Amerikaanse rolprent- en televisieproduksies tot stilstand bring. Die Screen Actors Guild (SAG-AFTRA) is vasgevang in onderhandelinge met maatskappye soos Netflix en Disney. Die sperdatum wat vandag om middernag is kom vinnig nader. Die vakbond se 160 duisend akteurs, skrywers en agter die skerm personeel het industriële optrede vooraf goedgekeur as ooreenkomste nie betyds aangegaan word nie. Die staking gaan oor vergoeding en aspekte van kreatiewe vryheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×