Bantu Holomisa, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, sê meer geld moet vir vredesmissies van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beskikbaar gemaak word. Sy pleidooi volg op ‘n M23-rebelle-aanval op lede van die SANW in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Holomisa – self ’n voormalige generaal – sê aan Sunday Times daar is ‘n reuse tekort aan gevegstoerusting. Holomisa nader president Cyril Ramaphosa ook vir gesprekvoering tussen die SANW en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, oor die aanpassing van sekere reëls en regulasies vir vredesmissies.

Twee SA-soldate is in die M23-rebelle-aanval in die DRK dood, en 20 ander is beseer. Nog drie lede van die weermag se vredesmissie-eenhede het vanjaar in drie afsonderlike aanvalle gesneuwel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×