Hommeltuie sal gedurende vanjaar se feesseisoen die eerste keer in Suid-Afrika as hulpmiddel vir lewensredding dien.
Die George munisipaliteit in die Wes-Kaap gaan hierdie tegnologie inspan om baaiers wat in die moeilikheid beland, uit die see te red.
Die hommeltuig is met ‘n dryfboei toegrus.
Die boei kan tot by die swemmer laat sak word.
Die ramp- en brandweerhoof van die George munisipaliteit, Neels Barnard, het aan SABC News verduidelik die tuig het ook toerusting aan boord wat
tweerigting-kommunikasie moontlik maak.