Altesaam 389 beamptes van die Ekurhuleni metropolisie (EMPD) is geskors nadat hulle vroeër vanjaar chaos op verskeie hoofweë en paaie veroorsaak het tydens ’n onwettige staking.

Maroela Media berig die EMPD-beamptes het op 19 Maart chaos veroorsaak toe hulle paaie versper het – onder meer met hul ampsmotors.

Volgens die Ekurhuleni-metro woordvoerder is daar met dissiplinêre stappe teen die beamptes begin. Hulle is voorlopig geskors en het kennisgewings ontvang rakende die voorneme om hulle te ontslaan.

Maroela Media berig verder EMPD-beamptes word onder noodsaaklike dienste geklassifiseer en moet openbare orde en veiligheid handhaaf.

Hul deelname aan die stakingsaksie ondermyn openbare vertroue en skend arbeidswette. Die metro werk tans saam met die polisie om voortgesette polisiëringsdienste te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!