Brandbestrydingsvermoëns in baie munisipaliteite word belemmer weens ‘n gebrek aan toerusting. Intussen staan honderde brandweerwaens wat aan die regering gegee is, ledig in depots.
The Citizen berig van die brandweerwaens is vir twee jaar lank onaktief. Die vragmotors is, as deel van die regering se uitgebreide openpare werke-program, aan die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing deur Working on Fire (WoF) gegee.
Die regering was toe veronderstel om dit aan munisipaliteite te versprei. Hulle sit egter in depots, en talle is glo gestroop van batterye, bande en die toerusting waarmee hulle toegerus wa, terwyl ander se lisensies verval het.
WoF se besturende direkteur, Trevor Abrahams, sê die groep het die departement gevra of hulle die brandweerwaens by die departement kan terugkoop of huur, maar die aanbod is nie aanvaar nie.