Honderde duisende Suid-Afrikaners het vir die spesiale maatskaplike hulptoelaag van 350 rand geregistreer

 Honderde duisende Suid-Afrikaners het vir die spesiale maatskaplike hulptoelaag van 350 rand geregistreer sedert aansoekplatforms gister geopen het. Die toelaag sal betaal word aan mense met geen inkomste en wat nie enige regeringsondersteuning ontvang nie. Die regering het 26-komma-7 miljard rand opgesy gesit vir die toelae. Sassa se hoof van kommunikasie, Paseka Letsatsi, sê hulle het sowat tweeduisend aansoeke per minuut ontvang. Letsatsi sê die groot aantal aansoeke plaas die stelsel onder druk. Mense kan tot die einde van die maand aansoek doen vir die toelaag.

Luister na potgooie hieronder