Die parlement waarsku dat die dreigende sluiting van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se langstaalproduksie-aanlegte veel meer as die voorspelde 3 500 werksgeleenthede sal raak.
Die Komitee vir Handel, Nywerheid en Samewerking het kommer uitgespreek oor die rimpeleffek wat die sluiting op die staalbedryf sal hê.
Volgens die komitee kan die sluiting se rimpeleffek honderde duisende werksgeleenthede in verskeie bedrywe raak.
Die komitee se voorsitter, Sonja Boshoff, het ‘n beroep op die regering gedoen om dringend by Amsa se sluiting betrokke te raak.
Rosestad-nuus het vroeër berig die maatskappy se direksie en bestuur het gesê dat die maatskappy geen ander keuse het as om die finale beëindiging van die besigheid te implementeer nie.
Die laaste staal sal na verwagting laat in Maart/vroeg in April geproduseer word.