Tot soveel as 141 gesinne is dakloos gelaat na gister se vroegoggend-brand in Marshalltown in die Johannesburgse middestad.
Minstens 74 mense is dood nadat die vyfverdieping-gebou, wat skynbaar aan die munisipaliteit behoort, deur vlamme in puin gelê is.
Lebogang Maile, LUR vir menslike nedersettings, het gesê humanitêre verligting word verleen.
Maroela Media berig drie geboue is geïdentifiseer waar die oorlewende slagoffers kan tuisgaan.
Volgens Maile is daar ooreengekom om nie mense op grond van hul burgerskap te hanteer nie.
In hierdie stadium sal ons humanitêre bystand lewer aan enigiemand wat deur die tragedie geraak is.