Tydelike skuiling word aan mense gebied nadat hulle, hul huise in ‘n brand by die Masinenge woonbuurt, in Kwazulu-Natal, verloor het.
Eyewitness News berig 28 huise het gister afgebrand, nadat ‘n man wat te veel gedrink het aan die slaap geraak het, terwyl hy besig was om kos te maak. Die KwaZulu-Natalse departement van menslike nedersettings het gesê sommige huiseienaars was nie tuis tydens die brand nie en dat niemand beseer is nie.
Intussen het nog ’n brand gister in Kaapstad uitgebreek, dié keer in die Joe Slovo-woonbuurt in Langa. Die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie. ’n Span van The Gift of the Givers is gisteraand na dié 11de brand in nege dae ontplooi. Die humantêre hulporganisasie se Ali Sablay het gesê honderde strukture is geraak.