Honderde mense stroom steeds na die Lourierpark-omgewing in Bloemfontein, waar grondgrypingsaksie al sedert vroeg Saterdag plaasvind.
Dit by monde van die polisie se Lt col. Thabo Covane, wat aan Rosestad-nuus gesê het daar is met tye geweld tussen die grondgrypers en inwoners, waar die polisie tussenbyde moet tree. Covane sê die situasie is steeds baie gespanne, en bevestig dat die Openbare Orde Polisie skokgranate afgevuur het. Hy het verder stemnotas as vals uitgemaak – wat sê die polisie is opdrag gegee om uit die area te beweeg.
Covane het aan Rosestad-nuus bevestig die burgemeester – Gregory Nthatisi – kan nie vir hulle sê dat hulle moet onttrek aan die situasie nie. Die publiek word weereens gewaarsku om nie onbevestigde inligting te versprei nie.