Honderde nuwe skootrekenaars by die departement van Landelike Ontwikkeling se kantore in Limpopo gesteel

 Honderde nuwe skootrekenaars by die departement van Landelike Ontwikkeling se kantore in Limpopo gesteel

185 nuwe skootrekenaars ter waarde van meer as R4-miljoen, is by die departement van Landelike Ontwikkeling se kantore op
Polokwane in Limpopo gesteel.

Konfigurasie moes nog op die skootrekenaars gedoen word, waarna dit aan personeel oorhandig sou word wat weens die
coronaviruspandemie, nie op kantoor kan werk nie.

Vier mans het met die rekenaars op ‘n bakkie gevlug.

Dit is nog onbekend waarom hulle nie deur veiligheidspersoneel voorgekeer is nie.

LeandreAdmin@