Honderde onderwysers, wat in besit van ‘n geldige bewys van registrasie is, spook om van voor af by die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Sace) te registreer.

Dié onderwysers het, volgens Maroela Media, die afgelope week briewe van Sace ontvang wat lui dat hulle nie geregistreer is nie, en net tot 9 Mei het om al die nodige dokumentasie – en die R200 registrasiefooi – in persoon by Sace se kantoor in Centurion in te dien.

Indien onderwysers nie by Sace geregistreer is nie, kan hulle nie praktiseer nie.

ʼn Onafhanklike onderwyskonsultant van Pretoria, Marius Botha,  raai onderwysers wat steeds hul oorspronklike bewys van registrasie het aan om nie oorhaastig te herregistreer nie, aangesien die onus op Sace rus om te bewys dat die sertikaat nie geldig is nie.

error: Inhoud is beskerm !!