Honderde onderwysers gee onderrig in Suid-Afrikaanse openbare skole sonder die verpligte onderwyssertifikate.
Volgens die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Saro) is provinsiale onderwysdepartemente vroeër vanjaar oor hierdie probleem in kennis gestel.
Provinsies wat onderwysers het wat nie die Saro-sertifikate het nie, sluit die Wes-Kaap, Limpopo, Oos-Kaap en die Noord-Kaap in.
Saro sê onderwysers is nie veronderstel om sonder hierdie sertifikate in diens geneem te word nie.