Meer as 250 mense is gister in die Wes-Kaap ontheem, toe verskeie huise deur brande verwoes is. Brande word steeds in die Kaapse Wynland-distrik bestry.

Volgens Newskoop, is brande ook in die Overstrand-munisipaliteit, sowel as in die Stad Kaapstad aangemeld. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het besoek by sekere van die brandgeteisterde gebiede afgelê.

Intussen sê Wines of South Africa dat Suid-Afrika ‘n tweede agtereenvolgende jaar minder wyn uitgevoer het. Sy 2023-verslag toon ‘n 16% afname in die uitvoer van grootmaatwyn, en ‘n 17% daling vir gebottelde wyn.

Luidens ‘n verklaring was 2023 een van die moeilikste jare ooit, vir Suid-Afrikaanse wynprodusente. Internasionale syfers wys ‘n wêreld wye afplatting in die wynbedryf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×