Honderde studente is besig met geweldadige protesaksies op die hoofkampus van die Universiteit Vrystaat omdat hul Nsfas beurse nie uitbetaal word nie. Mense word gevra om nie met hulle motors in die kampus te ry nie. Die strate om die kampus is ook onveilig, veral by die hoofhek in Nelson Mandela Rylaan waar voertuie vanmiddag met klippe bestook is. Okuhle April, die Studenteraad-president, het aan Rosestad nuus gesê die studente is ontevrede omdat hulle Nsfas beurse nog nie uitbetaal het nie. April het gesê die studente wil hê die universiteit moet hulle bystaan sodat beurse uitbetaal word. Die studente het vanmiddag oral oor die kampus geboue en voertuie met klippe bestook en bande word aan die brand gesteek. Klasse is gestaak. Die UV sal later kommentaar lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×