Meer as 300 verdagtes is die naweek in Tshwane in hegtenis geneem, en vyf gesteelde voertuie is teruggevind tydens misdaadvoorkomingsoperasies.
The Citizen berig die taktiese eenhede het verskeie voertuie opgespoor, maar geen verdagtes is in dié gevalle in hegtenis geneem nie.
Tshwane-speurders het egter 320 verdagtes vasgetrek vir oortredings soos geslagsgebaseerde geweld, moord, huisbraak en verkragting.
Onder die verdagtes was ongedokumenteerde individue en werkgewers wat ongedokumenteerde immigrante gehuisves het.
Operasies het ook op alkoholmisbruik en dwelmmisdaad gefokus, waarvoor boetes uitgereik en verdagtes in hegtenis geneem is.
Een drankonderneming is gesluit, en dobbelmasjiene is gekonfiskeer.