Die polisie het meer as 800 verdagtes in hegtenis geneem tydens die Veiliger Feesseisoen-operasies in die Vrystaat hierdie week.
Die verdagtes word aangekla van onder andere moord, die onwettige besit van dwelms, verkragting en aanranding.
Beamptes het ook spaza-winkels regoor die provinsie besoek om die nakoming van veiligheidsmaatreëls te monitor en te verseker.
Die polisie het aangekondig dat hulle voortaan met die operasies sal aanhou om die veiligheid van gemeenskappe oor die feestyd te handhaaf.