Nadat Hongarye die groen lig gegee het, sal Swede nou lid word van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.

Swede se eerste minister, Ulf Kristersson, het ‘n amptelike besoek aan Hongarye gebring om die goedkeuring te beklink, en die twee lande het ook ‘n wapen-ooreenkoms onderteken. Swede sê sy besluit om by Navo aan te sluit, is weens ‘n behoefte om die land te kan verdedig indien dit nodig sou word.

Voorts sê dié Skandinawiese land, wil hy sy eie demokrasie, saam met dié van ander Navo-lidlande, beskerm. Swede se Navo-versoek het kort op die hakke van Rusland se 2022-inval van Oekraïne gevolg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×