Hongersnood het ‘n ernstige probleem in die land geword

Hongersnood het ‘n ernstige probleem in die land geword volgens die nie-winsgewende organisasie Meals on Wheels.  Volgens die organisasie kan dit grootliks toegeskryf word aan die coronaviruspandemie. Die organisasie het gister honderde noodsaaklike kospakkies aan inwoners in Kimberley uitgedeel as deel van Internasionale Hongersnooddag. Bevan Jenneke van Meals on Wheels sê mense is nou meer desperaat en kwesbaar.

Luister na potgooie hieronder