Dirk Coetzee, die skoolhoof van die Hoër Tegniese Skool Sasolburg is gistermiddag in die Cormed-hospitaal in Vandebijlpark opgeneem met komplikasies na ‘n skietword. Volgens Netwerk 24 is die 48-jarige Coetzee in ‘n gewapende roof in die been geskiet toe hy en tien skoolhoofde van die distrik in ‘n gastehuis gebly het vir ‘n SAOU-konferensie in Gqeberha. Coetzee is in die hoësorg-eenheid opgeneem. Kol Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê twee onbekende mans het kwart voor vier die oggend op Lentedag toegang tot die gastehuis verkry. Coetzee het wakker geword en begin skree toe hy sien die roewers maak hulle besittings bymekaar. ‘n Skoot is in sy rigting gekiet en hy is in die knie gewond. Die aanvallers het met sewe selfone en sewe beursies gevlug. Die polisie ondersoek ‘n klag van huisbraak en poging tot moord  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×