Die Departementshoof van die Departement van Gesondheid, in die Vrystaat, is op borgtog vrygelaat ná sy verskyning verlede week in die Bloemfonteinse landdroshof.Godfrey Mahlatsi is van 44 aanklagte van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) aangekla. Hy het die regering agt-komma-sewe miljoen rand gekos ná sy versuim om ongemagtigde uitgawes te voorkom vir dienste wat nie gelewer is nie en hy het nie die skuldige partye laat rekenskap nie. Streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê die saak is deur die staat uitgestel hangende ‘n formele aanklag.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×