Die hoofman van die Mnisi stam in Mpumalanga, Clyde Mnisi, is doodgeskiet nadat hy en sy drywer langs die pad gestaan en gewag het vir hulp. Mnisi en vyf ander verdagtes is in 2018 gearresteer vir die onwettige verkoop van renoster-horings, korrupsie en geldwassery. News24 berig Mnisi is ook verdink dat hy die hoof van ‘n groot renoster-stropery sindikaat was. Mnisi is vermoor toe vyf swaargewapende mans met balaklavas en handskoene in ‘n swart BMW X5 langs sy motor gestop het en verskeie skote afgevuur het. Die voorval het langs die Kruger-Mpumalanga lughawe gebeur. Die 37-jarige Mnisi is in 2022 as die tradisionele leier van die Mnisi stam ingelyf. Mnisi het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van Mnisi se voertuig is in die been getref. Die sindikaat is glo bedrywig in die Kruger wildtuin asook natuur-reservate in KZN en Gauteng
