Hoofregter Mogoeng Mogoeng se aansoek om te appelleer teen ‘n bevinding van die Regterlike Gedragskomitee, word teengestaan

Die Suid-Afrikaanse Boycott-, Divestment-, en Sanctions-koalisie, sê hy gaan hoofregter Mogoeng Mogoeng se aansoek om te appelleer teen ‘n bevinding van die Regterlike Gedragskomitee, teenstaan.

Mogoeng is tien dae kans gegee om verskoning te maak oor sy uitsprake oor Israel en Palestina in Junie verlede jaar tydens ‘n webinaar wat The Jerusalem Post aangebied het.

Die RGK het bevind dat Mogoeng daarvan bewus wat dat hy die regering se standpunt oor die Palestynse-kwessie gekritiseer het en dat hy by politiek betrokke geraak het wat strydig is met die Wet op die Regterlike Dienskommissie.

Die BDS-koalisie sê Mogoeng se besluit om teen die komitee se bevinding te appeleer, is nie ‘n verrassing nie gegewe sy hardnekkige volharding dat hy nooit om verskoning sal vra vir enige van sy uitlatings nie.

Luister na potgooie hieronder