Hoofregter Raymond Zondo aanvaar hy het baie vyande gemaak terwyl hy voorsitter van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping was. Die hoofregter was nie gister bereid om in ‘n debat betrokke te raak, toe die EFF hom vra of hy wat Zondo is, gekaap is nie.
Hy sê as kommissievoorsitter is hy beledig, en wou sekere mense hom ook in oneer bring. Netwerk24 berig by monde van Zondo weet meeste Suid-Afrikaners egter wat die waarheid is, en het hulle waardering vir die werk wat gedoen is.