Die hoofregter van die Konstitusionele Hof, Raymond Zondo, het kommer uitgespreek oor die staatsprokureur se versuim om verhoorkoste van oudpresident Jacob Zuma te verhaal. Die koste word nou geraam op 36 miljoen rand. Die geld is deur die staat betaal vir Zuma se kostes in sy korrupsieverhoor. Zondo sê as die geld teruggekry kon word, kan dit op ander dinge aangewend word.
