Minister Khumbudzo Ntshavheni se besoek aan Rusland kan Suid-Afrika duur te staan kom.

Dit het gister bekend geword dat Ntshavheni, minister in die presidensie, die internasionale vergadering vir veiligheidsake van vandag tot Donderdag in Rusland sal bywoon.

Die DA meen enige verbintenis met Rusland, moet teen die agtergrond van Rusland se inval in Oekraïne, met die grootste omsigtigheid hanteer word, aangesien dit Suid-Afrika se internasionale reputasie kan kelder.

Die besoek volg enkele weke nadat die Amerikaanse ambassadeur Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het.

Vrae word sedertdien opnuut oor Rusland en Suid-Afrika se moontlike samewerkingsooreenkomste gevra.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×